Anderkant Gister

R30.00

Herman en Gus loop al van kleintyd af saam. Op universiteit sluit Sonnette en Lana by die groepie aan en dit word ʼn sorglose tyd waarin Gus en Sonnette se liefde blom.

Author: Mari van den Berg
Publisher: (Private)
ISBN 978-0409056273

Description

Herman en Lana het hulle eie verstandhouding en die vriendskap tussen hierdie vier karakters, bind hulle aan mekaar vas. Maar toe gaan Gus weermag toe… Angola toe… en vir dié wat agterbly, wag die groot skok toe die tyding kom dat Gus vermis word en vermoedelik dood is. Maar dit was ses jaar gelede en intussen is Sonnette en Herman getroud en is daar ʼn kind gebore. Hulle lewens word egter weer hewig ontwrig met die tyding dat Gus nie dood is nie. Hoe moet hulle hierdie skok verwerk wat hulle lewens so radikaal kan verander? Gaan Sonnette en Herman se huwelik staande bly in die nadraai van die gister-ure wat skielik weer oopgevlek word? En Gus… Wat het daar in Angola gebeur wat van hom die mens maak wat sukkel om droom en realiteit van mekaar te skei? ʼn Diep menslike verhaal wat illustreer dat ure uit gister aan die ure van vandag verbind bly. ANDERKANT GISTER is deur Lapa Uitgewers in hardeband onder die titel: GISTERURE gepubliseer en word nou met trots deur die skrywer as e-boek aangebied.

(1 MB)

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Anderkant Gister”