Afrikaanse Skrywers Omnibus 3

R30.00

Hierdie is nie kortverhale nie. Dit is volledige verhale wat ongeveer 10 duisend plus woorde beslaan.

Author: Adele Reynders, Rika du Plessis, Shirley Robinson
Publisher: Renza Publikasies
ISBN B00KTN1GW4

Description

TOORNAG – Adele Reynders
Laurie Adendorf werk aan ‘n projek vir Eko-Afrika maar Gus O’Conner die aantreklike argeoloog wat die impakstudie doen, daag by hoofkantoor op en vertel dat hulle na wind jaag. Niks is op feite gebaseer nie. Daar bestaan nie iets soos ‘n krokodilman nie en dit spook ook nie op die terrein waar hulle ‘n graf ontdek het nie. Glad nie, hoor. ‘n Prettige tong-in-die-kies liefdesverhaal, met so ‘n ietsie van ‘n ouderdomsbeperking!

SPLINTERDROME – Rika du Plessis
Jessie vertrek Splinterdrome toe om te gaan wraak neem op die man wat haar aangenome suster swanger gemaak en toe weggejaag het. Op Splinterdrome maak sy egter kennis met drie mans wat haar suster daar geken het, en ineens is Jessie totaal en al verward oor wie die eintlike skuldige is. Boonop maak haar hart bokspronge in die teenwoordigheid van die een wat haar sus eintlik beskuldig het. Liefdesverhaal met spanning.

OPTELKOMBERS – Shirley Robinson
‘n Ware verhaal van ‘n aangenome seun wat sy biologies ouers gevind het … en weer verloor het. Maar dit is ook ‘n storie met ’n nadraai, wat die leser nie lig sal vergeet nie.

(1 MB)

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Afrikaanse Skrywers Omnibus 3”